Pick n Pay besoek VLU Strewe

Kevin Eva van Pick n Pay besig om aan die dames te demonstreer hoe om ‘n beesstert te ontbeen.

THABAZIMBI – Gedurende VLU Strewe se Mei vergadering aan huis van Coreen Combrink het Kevin Eva van Pick n Pay vir die dames kom leer hoe om ‘n karkas te bewerk. Die dames het baie daarna uitgesien veral omdat die wintermaande vinnig nader kruip. Kevin het onder andere ‘n hoeder geontbeen en ook ‘n beesstert. Die dames was uiters beïndruk met die man se vernuf met die mes. Graag wil hulle van hierdie geleentheid gebruik maak om Pick n Pay te bedank vir hierdie demonstrasie en die moeite wat hulle gedoen het.