HFM Netbaldogters presteer

THABAZIMBI – 31 netbal spelers van HFM het op Saterdag 8 Mei aan die finale van die Limpopo netbalproewe te Pietersburg deelgeneem. Twee spanne in elke ouderdomsgroep is gekies, buiten in die o/14 ouderdomsgroep waar net 1 span gekies is.Hierdie spanne wat gekies is moes ook ‘n 50% kleurkota insluit. Daar is 13 van HFM se netbalspelers tot die Limpopospan verkies, wat dan ook die meeste spelers is wat in een seisoen van HFM gekies is.  Hierdie spanne gaan van 6-9 Augustus aan die SA Skole-kampioenskappe in Gauteng deelneem. Op die foto is die leerlinge wat verkies is tot die Limpopo span vlnr: Anmarie Boshoff, 2de ry vlnr Tanya Marais, Freudelene Fetzer en Zani du Toit, 3de ry vlnr Elizna de Beer, Tyala Hearn en Kelly Phiri, 4de ry Alecia Coetzee, Glenize van Rooyen en Belinda Sadler.  Afwesig was Esther Chilamwa, Charné-lee Pretorius en Luani du Preez.