Thabazimbi verloor ou bekende

THABAZIMBI – ‘n Ou bekende van Thabazimbi, Giel van den Berg is op 60 jarige ouderdom oorlede op Saterdag 1 Mei 2010 na ’n stryd teen kanker. Giel is gebore op 26 November 1949 in Thabazimbi en was sy lewe lank hier woonagtig. Sy ouers bly nog op Mooivlei naby Thabazimbi. Hy is op 15 Junie 1974 met Johanna in Pretoria deur Ds de Vos in die huwelik bevestig waarna hulle saam in Thabazimbi gevestig is. Giel was 36 jaar lank in diens van Kumba waar hy as myner begin het en later bevorder is in die ambag van fitter. Hy het sy loopbaan afgesluit in die pos van Opleidingsbeampte waar hy as mens ‘n groot impak gemaak het en altyd bereid was om ‘n helpende hand te verleen. Met die ouderdom het wysheid gekom, en dit kon hy mildelik met sy kinders deel. Giel is die eerste keer gediagnoseer met Kolon kanker in Mei 2009. In Maart 2010 is hy gediagnoseer met Dunderm Kanker. Hy laat sy vrou, Johanna, drie broers, sy vier kinders, Leandra, Lizette, Louise en Jan-Louise agter. Sy begrafnis was op Vrydag 7 Mei by die NG Kerk Thabazimbi.