Skenking aan Tambotie

Op die foto is Tannie Marie Stenekamp, Tannie Sannie Fourie, Lizelle Janse van Rensburg, Tannie Drene Hilebrandt, Daniella Janse van Rensburg en agter Angie Gillespie.

THABAZIMBI – Die bejaardes van Tambotie versorgingseenheid vir verswakte bejaardes het op  Maandag middag 10 Mei ‘n groot verrassing gekry.  Toiletware pakkies met alles van ‘n lekker ruik seep, shampoo, lekker ruik handeroom om maar ‘n paar goedjies op te noem is aan hulle geskenk. Vir van die bejaardes was dit ‘n baie groot geskenk, want met tye gaan dit so sleg dat die bejaardes nie ‘n sepie kan bekostig nie. Tannie Marie wat in beheer is van Tambotie huis, het vir Angie gekontak wat werksaam is by Dishaba myn. Daar het al die dames aan die werk gespring en al die toiletware bymekaar gemaak. Die versamelde items is toe aan Tannie Marie gegee wat dit mooi verpak het. Die bejaardes was baie bly en kon nie genoeg dankie sê nie.  Daar is tans ‘n groot behoefte aan donasies van die publiek, as daar ‘n wel doener is wat kan help sal dit baie waardeer word.  Kontak gerus vir  Marie Steenekamp by 072 525 0770.