Maak Thabazimbi dié Kwêla wendorp

THABAZIMBI – Ons pragtige dorpie, Thabazimbi is Woensadag, 12 Mei op die akualiteits program, Kwêla aangekondig as een van drie dorpe in die Limpopo provinsie wat as beste dorp genomineer is. Die ander twee dorpe is Naboomspruit en Haenertsdorp.

Die landswye kompetisie gee vir ons as naby en betrokke gemeenskap die geleentheid om ons dorp se naam hoog te hou en te verseker dat ons hierdie kompetisie wen. Al wat ‘n ieder en ‘n elk moet doen is om te stem vir ons dorp deur ‘n sms te stuur na 33157 wat R1.50 elk beloop. Op die sms mag slegs die naam van die dorp wees waarvoor jy stem. Hierdie stem kan tot 100 keer vanaf dieselfde selfoonnommer gedoen word.
Thabazimbi is uniek in eie reg, ons het ons eie suksessvolle gemeenskapskoerant wat al vir 26 jaar nuus aan die gemeenskap bring naamlik, Die Kwêvoël, terwyl die ander twee dorpe hul nuus met ander dorpe in die omgewing deel.

Thabazimbi se naam, berg van yster maak dat dié dorp nog groot dinge kan bereik.

Thabazimbi is ‘n groot toeriste aantreklikheid omdat dit omring is met mooi natuurskoon en wildsbewaring parke soos Marakele en Pilansberg. In die hartjie van die Bosveld kan mens ontspan weg van die stedelike drama wat ons hier kan raak.

Stem saam met die res van die Thabazimbi gemeenskap vir ons dorp voor Dinsdag 18 Mei om 12:00 en hou dan vir Kwêla dop op Woensdae aande, om te hoor watter dorpe gaan deur na die volgende ronde.

Besoek gerus die webwerf www.kwela.co.za vir inligting oor die kompetisie. Die sluitings datum vir die finale ronde is Vrydag 30 Julie om 12:00. Die wendorp sal dan in Rapport en op Kwêla bekend gemaak word.

Die wenner van die kompetisie word gekenmerk as die lekkerste, mooiste en hartlikste plekkie waar gekuier kan word in die land. Ons almal weet dat Thabazimbi aan al daardie kriteria voldoen.

Stem nou vir ons wendorp, Thabazimbi!