Ons lesers skryf – Tuisblad bo

Ek het omtrent drie jaar terug ‘n vinnige opmerking gemaak dat Laerskool Thabazimbi se webblad heeltemal op datum is en dat ek (my kinders gaan skool in Thabazimbi en ek woon in Johannesburg) heeltemal op hoogte kon bly met wat aangaan.

Intussen het twee van my drie kinders Hoërskool Frikkie Meyer toe gegaan en steeds is Hoërskool Frikkie Meyer se webblad nie beskikbaar nie.  Dit is nou “under construction”. Beslis ‘n pluimpie vir Laerskool Thabazimbi sover dit die aanwendig van beskikbare tegnologie aan betref. Ek hou egter moed dat Hoërskool Frikkie Meyer na drie jaar uiteindelik sal wakker skrik.

Aan die Kwêvoël en Laerskool Thabazimbi egter, wil ek baie dankie sê dat julle my in staat stel en so nou en dan die geleentheid bied om een van my kinders se foto’s of name te sien in een van die twee plekke se webtuistes asook om op hoogte te wees van al hulle akademiese programme.  Dis lekker om al bly ek ver, steeds te weet wat elke week in Thabazimbi gebeur.  Julle is tops!

Ragel van der Linde