Die poppekas kom weer

Die poppekas sal plaasvind vanaf 24 Mei tot 04 Junie. Daar is verskeie nuwe karakters. Hulle is op die foto vlnr: Sarel, Mpho, Wilma Wysneus, Antjie, Nthabiseng, Piet Polisie…. En dan is daar ook Vreeslike Frikkels. Saam met hulle is die mense agter hulle vlnr: Magda de Clerk, Christelle Barnard en Rachel Rossouw.

THABAZIMBI – Kinderbeskermingsweek word jaarliks dwarsoor die land gevier met boodskappe van beveiliging en beskerming aan kinders. Hier in die Thabazimbi omgewing word dit weereens met groot ywer aangepak deur ‘n professionele span genaamd die Child Protection CARE group bestaande uit SAVF, SAPD, Legae la Bona, Thabang en verskeie ander instansies asook gemeenskapslede in privaat hoedanigheid.

Die span beplan weer ‘n radiopraatjie aan ouers en gemeenskapslede op 19 Julie tov substans misbruik onder kinders. ‘n Praatjie aan senior kinders in drie plaaslike skole sal ook op 19 Julie plaasvind rondom dieselfde tema. ‘n Poppekasspel word weer aan verskeie junior leerlinge by ongeveer 13 skole gelewer terwyl al die plaaslike kleuterskole betrek sal word by ‘n poppespel in die NG Kerk saal.

Die poppekas liedjie is al bekend onder die plaaslike kinders en hulle weet al om dit hard te sing om die poppe te laat verskyn. Aspekte wat gedek word, is padveiligheid en die gevare van alkohol en dwelms.

Persone wat belangstel om deel te wees hiervan kan die SAVF kantoor skakel by 014 7771093 tydens kantoorure.  Hulp word benodig met die poppespel, organisering, hanswors, administrasie en uitdeel van pamflette en plakkate.  Raak deel van hierdie kragtige span en maak ‘n verskil.