Akasie/Sekelbos – indringers (tuis in die Bosveld), maar ook wonderbosse

Afrika – Tuiste van die grootste verskeidenheid herbivore ter wêreld, waar groepe Blaarvreters en gemengde-vreters afhanklik is van Akasia bosse, wat die grootste deel uitmaak van hulle dieët – maar daar steek baie meer in hierdie doringbosse as wat mense weet!

Akasias is ’n genus van struike en bome wat aan die subspesie Mimosoideae van die familie Fabaceae behoort, en is deur die Sweedse botanis Carl Linnaeus in 1773 in Afrika ge-identifiseer.

In die vleis produserende streke van Suiderlike Afrika word hierdie struike en bosse afgemaak as onwelkome indringers, omdat hulle geneig is om grasveld oor te neem en in so ’n mate te regverdig, dat dit die dra-krag van die veld en dus ook die inkomste potensiaal daarvan nadelig raak. Dit gee aanleiding daartoe dat die uitwerking in plaas van die oorsaak blameer word.

Daar het egter ’n ommeswaai plaasgevind. Die positiewe eienskappe en bydraes van Akasias word nou raakgesien. In Burma en omliggende lande word die uitloopsels van Acacia pennata gebruik in sop, sekere kerrie disse, omelette en roerbraai geregte.

Heuning geproduseer deur bye wat die Akasia blommetjies benut, word gereken as ’n fynproewersdis, sag-vloeiend met ’n pikante blomme-geur. Akasia heuning is een van die min soorte wat nie kristaliseer nie.

Gedroogde Akasia sade kan gerooster en gesout word, en bedien word as ’n snoephappie. In Mexico staan hierdie dis bekend as “cacalas”.

Ge-oeste peule word daar vars of gedroog verkoop deur eksklusiewe winkels.

Die toppies van die Akasia bosse word Beltiese liggaampies (Beltian bodies) genoem. Hierdie liggaampies bevat ’n hoë konsentrasie proteien, wat die Akasia ’n uiters geskikte bron van natuurlike voeding maak vir ’n groot verskeidenheid plantvreters. WES Enterprises, gebaseer in Thabazimbi – Suid Afrika, het reeds bo alle twyfel bewys hoe hierdie uitstekende natuurlike voedselbron ge-oes en benut kan word om top gehalte dierevoere te produseer.

Daar is bevind dat die tannien in Akasias potensiale positiewe uitwerking kan hê. Die anti-oksidant en vrye radikale vernietigings eienskappe ge-assosieer met sekere phenoliese sure het beslis potensiaal vir menslike gesondheid. (Tebibet al 1997, Bravo 1998). Tannien oefen patogeniese beheer uit oor parasiete sowels as bakterië. Tannien kan opblaas by herkouers voorkom, en kan ook voedingstowwe beskerm teen voormaag-fermentasie. Dit is ook bekend dat tannien aan yster verbind in die gastro-intestinale kanaal, en dit sodoende nie-opneembaar maak vir diere. (M Clauss et al.)

Akasia word gelys onder bestanddele in Fresca, ’n sitrus drankie, R C Cola, Barq’s root beer, Full Throttle Unleaded Energy Drink, Strawberry-Lemonade Powerade, as ook in Lakerol pastille candies, Altoid mints, Langer’s Pinapple coconut Juice en Wrigley’s Eclipse kougom.

Sekere Akasia spesies word algemeen in tuine aangeplant as ornamentele struike, die meesbekende synde die Acacia dealbata  (Silver Wattle) met sy mooi grys-groen tot silwer blare en helder geel blommetjies. Nog ’n gewilde Akasia in tuine wêreldwyd is die besondere Acacia Xantophloea (Koorsboom). Acacia dealbata, Acacia pyncantha en Acacia retinodes word deur bloemiste gebruik as sny blomme, en staan meer algemeen bekend as Mimosa.

Akasias is ook baie gewild vir hulle potensiaal om te dien as sekuriteit by kantore en huiseienaars. Die naam Akasia het sy oorsprong uit die Griekse word “akis” wat doring beteken. Die skerp en harde dorings van sommige van die Akasia boomsoorte verhinder ongewenste persone om persele te betree, en wanneer dit onder vensters, langs afvoerpype en langs grensdrade geplant word, kan dit help om inbrake te voorkom. Die estetiese waarde van Akasia, bome en struike maak hulle uiters gewilde alternatiewe vir onooglike sekuriteits heinings.

Kom ons waardeer hierdie uitsonderlike bome en struike as ’n natuurlike hulpbron wat hulle inderdaad is.

Verwysings: WESenterprises (Thabazimbi), Wikipedia encyclopedia, ZooAnimal Nutrition