Stofskop Pretrit uitgestel

LAERSKOOL SANDDRIFT – Die organiseerders van die Stofskop Pretrit by laerskool Sanddrift wil slegte nuus met u deel. As gevolg van baie nat weersomstandighede, nat paaie, lande en oorstromings oor die brug waar die motorfietse moet ry, is dit onmoontlik dat die Stofskop Pretrit kan plaasvind op 1 Mei. Dit is voorlopig verskuif na 22 Mei 2010.

Hulle vra onverskoning vir al die ongerief, maar dit is omstandighede buite hulle beheer. Hulle dink aan die veiligheid van die deelnemers en wil graag eerder baie stof sien as om modder te sien spat en motorfietse wat gly op die nat paaie. Skakel 012 217 5007 of 082 726 4626 vir enige verdere navrae. Organiseerders laerskool Sanddrift.