Pasop vir die klippe

Hier kan die ou stuk pad gesien word na die ‘nuwe’ teer losgekom het en nou is daar net los klippe om die pad.
THABAZIMBI – Verlede week in van der Biljstraat het menige inwoners omgekrap gevoel toe daar kontrakteurs aan die pad gewerk het om die stuk pad reg te maak vir die Thabazimbi Wilds Expo. Daardie selfde stukkie pad voor Thaba Park se hoofingang is alweer ’n seerpunt. Twee persone se voertuie se windskerms het skade gely van die teer wat losgekom het. Daar is wel waarskuwingsbordjies op om stadiger te ry, maar om ander en jou eie voertuig te beskerm moet u maar nog stadiger en versigtiger ry, veral met die nat toestande.