Northam VLU doen piouter

Lily, Alicea en Amanda hard aan die werk met hul Piouter-projekte.
SWARTKLIP – Northam VLU dames het op 15 April by Annatjie Dreyer se huis te Swartklip bymekaargekom waar Sonya hul meer geleer het oor Piouter werk. Huiswerk vir die dag was Breiwerk – Kreatiewe speelding en Gebak – Biscotti.

Die VLU kunstenaar van die jaar – Mathys Roets is ook behandel. Die wenner van die maandelikse blikkie-looitjie trekking is ‘n splinternuwe lid, Bianca Conradie.

Die volgende vergadering sal die 11de Mei te Aandrus Kwekery Thabazimbi gehou word. Die fynere kunsies van blommerangskikking gaan dan bemeester word.

Vir meer inligting of om die vergadering by te woon, skakel Mari by 082 086 4915 of 014 786 0304