Mini Netbal Sheilas

Die gedugte mini Sheila o/7 spannetjie wat op Saterdag 17 April skoonskip gemaak het in al hul wedstryde is as volg. Agter vlnr Bianco, Ariane, Charné en Michayla, middel vlnr Kyla, Miriska en Anuk en voor vlnr Charlize, Liandrie en Juné.
THABAZIMBI – Die Thaba Sheilas mini netbal o/7 spannetjie het skoonskip gemaak gedurende die sportdag wat op Saterdag 17 April te Nylstroom plaasgevind het. Ander skole wat aan hierdie sportdag deelgeneem het was Wonderboom, Nylstroom, Ellisras en Euphorbia. Die afrigters het verslae gestaan met die uitslae en die spelertjies se entoesiasme. Hulle wen Wonderboom 5-0, Nylstroom 14-0, Euphoria 12-0 en Ellisras 11-2. ‘n Woord van dank word uitgespreek teenoor al die betrokke persone, ouers en kinders wat bygedra het tot hierdie besonderse prestasie.