Veldry op sy beste

Verbeel jou – Jy is so naby aan fynbos dat jy daaraan kan vat, ’n wynplaas wat grens aan ander wingerde en die Lexus LX570 teen ‘n 40 grade helling. Daar lê nog groot rotse voor wat onmoontlik lyk om verby of oor te kom en binne die Lexus sit jy met jou hand op die stuurwiel, beide voete op die vloer terwyl die vier-wieldryf en traksiebeheer alles vir jou doen.

Terwyl jy die moeilike roete ry kan jy rustig na die pragtige omgewing om jou kyk, en praat met jou vriende wat saam met jou in die voertuig sit. Tien minute later ry jy op die N1 met luukshede rondom jou, terwyl die Lexus se 270kW V8 rustig werk met nog hope krag beskikbaar.

Die ingenieurs wat die Lexus ontwerp het, het al die 4×4 benodighede in die voertuig ingebou, sonder om enige van die luuksheid af te skaal. Die LX570 binne het plek vir agt passasiers met hulle bagasie. Die tweede ry sitplekke verskaf ’n gemaklike 40/20/40 split en is spesiaal ontwerp om die gebruik daarvan so maklik as moontlik te maak. Die intrek derde ry sitplekke is standaard.

Die twee-deel agterdeur kan elektronies oop en toe gemaak word met die elektroniese kaart-sleutel of die skakel op die instrumentpaneel.

Die LX570 se 5.7-liter V8, lewer ’n handige 270kW tot 5600rpm en wringkrag van 530Nm teen 3600rpm. Dit gaan gepaard met ’n ses-spoed outomatiese ratkas wat ontwerp is om hoë wringkrag te handhaaf terwyl die Lexus sag en stil ry.

Die LX570 se oordratkas verskaf voltydse vier-wiel aandrywing, om enige gladde en modderige toestande baas te raak. ’n 2.618:1 lae-reeks is beskikbaar vir meer uitdagende ryoppervlaktes.

Die LX570 se vier-wiel aktiewe traksie (ATC – Active Traction Control) beheer die rem en die versneller om wiele wat moonlik kan tol te beheer. Daarby help die voertuig se stabiliteits beheer stelsel (VSC – Vehicle Stability Control) rigtingbeheer in draaie.

Op veiligheids gebied is die LX570 toegerus met 10 standaard lugsakke, insluitend die bestuurder- en voorste passasier knie-lugsakke, ingeboude kant lugsakke vir die voorste en tweede ry sitplekke asook gordyn lugsakke vir al drie rye sitplekke. Al die sitplekke is met driepunt veiligheidsgordels toegerus.

Die Lexus LX570 beklemtoon die status as een van die luukste 4×4 voertuie wat oor al die luukshede beskik sonder om verrigting en veld-ry vermoë in te boet.

Die LX570 kos R1.09miljoen en word gewaarborg met ‘n diensplan vir vier jaar of 100 000km. Vir meer inligting of om ’n toetsrit te reël, besoek gerus www.lexus.co.za.