Thabazimbi stapklub

Jitske Kroukamp, Hugo Coetzee, Gene Niemand, Annes Momberg, Lielie van Deventer, Lukas van Aswegen, Elsabe van Aswegen

AMATOLA ROETE – Sewe passievolle stappers het die bekende, baie moeilike en mooi Amatola roete van 106km in 6 dae in die Oos Kaap gestap vanaf 30 Maart tot 4 April 2010. Die roete strek noord vanaf King Williamstown tot Hogsback wat ’n skilderagtige en unieke dorpie is. Die roete loop oor die Amatola berge, Hogsback bergspitse en talle ander bergspitse.

Al sewe stappers het die roete voltooi wat alreeds ’n prestasie is. Die roete bestaan uit 80% natuur van inheemse woud waar die geelhout en die outiniqwa geelhout bome prominent is.

Die grootste geelhoutboom wat ons oë getrek het was so 800 jaar oud, 38m hoog, 8.5m in omtrek en het ’n deursnee van 2.71m gehad. Die assegaaiboom wat ook hier voorkom was gebruik deur ons voorvaders vir ossewa wiele en speke wat oor die spesifieke eienskappe beskik.

Nog ’n uitstaande kenmerk van die roete is die talle watervalle wat wissel in hoogte. Die roete word dan die waterval roete genoem. Die oorblywende 20% van die roete loop deur die aangeplante plantasies, voertuigpaaie wat gebruik word deur die Departement van Bosbou, berghellings, kontoerpaaie en ander tipes tipografie.

Al die oornaghutte is netjiese basiese houthuise wat deur die Departement van Bosbou onderhou word.

Kontak gerus vir Hugo Coetzee by 014 772 1836(h) of 082 562 5774, vir inligting van roetes wat die jaar beplan word. Alle beginners /voornemende stappers is ook baie welkom.