Stoeiers vonkel aan Stoei-hemel

Die Rhino Stoei Klub het Saterdag te Mokopane die Poties Ope in Interklub toernooi gestroei. Die kinders het almal verbaas met hulle krag en tegniek en uitgestap met ’n totaal van 10 medaljes uit 11 inskrywings. Die klub groei elke week en alle maatjies is welkom om te kom kyk hoe lekker stoei is. Enige navrae kan aan Lisa gerig word by 082 729 8951.

THABAZIMBI: Rhino Stoeiklub (Thabazimbi en Setaria) se stoeiers blink soos helder sterre aan die stoei-hemel van die Bosveld én Suid-Afrika. Nie net het die ses jaar oue stoeiklub reeds een Springbok en drie SA Kampioene opgelewer nie, maar stu die jong klub onstuitbaar voort van prestasie na prestasie.

Stoei se ontstaan kan teruggevoer word na sover as wat die geskrewe geskiedenis strek. Die begin jare is opgespoor in grottekeninge wat 15 000 jaar gelede in Frankryk gemaak is. Vroeë Egiptenare en Babiloniërs reliëfwerke beeld stoeiers uit met grepe wat vandag nog gebruik word. In antieke Griekeland het stoei ‘n belangrike plek beklee in legendes en literatuur.

Dit was egter ‘n brutale vorm van stoei wat deur die Romeine omwentel is as ‘n wetenskaplike vorm van stoei sonder enige brutaliteit. Gedurende die middel eeue het stoei gewild gebly in veral vorstehuise in lande soos Frankryk, Japan en Engeland. Vroeë Amerikaanse setlaars het stoei na Amerika geneem en dit is dan ook gevind dat dit ‘n gewilde sport onder die inheemse Rooihuide was.

Stoei was nie net gewild tydens feeste, kermisse en sosiale byeenkomste, maar  dit is  veral militêre maneuvers toegepas. Die eerste georganiseerde amateur stoei byeenkoms is in New York gedurende 1888 aangebied. Die eerste stoei toernooi is in 1904 in St. Louis, Missouri gehou.

Uit hierdie ryke verlede het stoei in SA posgevat op ‘n landwye basis. Daar is byvoorbeeld reeds ‘n stoei toernooi in Potgietersrus aangebied waar 3 000 stoeiers kragte gemeet het. Die Rhino stoeiklub het aanvanklik net in Setaria stoei afrigting aangebied maar het na ‘n plegtige belofte, begin 2010 deure oopgemaak in Thabazimbi. Dit blyk ‘n slim skuif te gewees het want talle dankbare ouers het die geleentheid met beide hande aangegryp. Die ledetal groei tydens elke oefening.

Stoei bevorder nie net balans en denkvermoë nie, maar ook dissipline en fiksheid. Lank gelede (soos in ‘n sprokiesverhaal) was dit ‘n sport net vir seuns en manne. Deesdae is daar etlike honderd meisies wat die sportsoort beoefen. Blykbaar staan hulle geen duit terug vir die seuns nie en staan hulle hul man op die mat.

Klubgeld per lid is slegs R50 per maand en die geld word teruggepomp in die klub vir registrasies van ouers wat as beamptes en afrigters wil registreer. Kursus gelde word deur die klub betaal as teken van dank teenoor ouers se betrokkenheid in sy kind se sport. Rhino Stoeiklub ontvang geweldig baie hulp van Northam Platinum-myn, veral met bus vervoer na toernooie.

Die Rhino Stoeiklub het dit ten doel om minstens 200 stoeiers op die klub se ledelys te hê en wil hulle uitbrei na Northam en Swartklip. Twee van die afrigters het hulle Limpopo kleure in afrigting verwerf en mik volgende jaar na SA vlak 1. Die klub se drie SA kampioene is Michelle Smit (Springbokkleure & SA Kampioen), Jacqueline van der Sandt en Karien Snyman. Karien stoei vanjaar vir die Mogol Stoeiklub in Ellisras. Die volgende SA kampioenskappe word juis in Junie vanjaar te Ellisras aangebied.

Belangstellende ouers, seuns en dogters kan vir Lisa Smit skakel by 082 729 8951 of vir Johan Barkhuizen by 087 805 7001 (Connectix). Rhino se twee SA kampioene is vanaand om 18:30 gaste op Vrydagaand se Dinge saam met Tobie Lombard op Thaba Stereo 104.9FM. Lesers kan met die twee sterre gesels deur 014 772 1111 te skakel gedurende die uitsending.

Tobie Lombard