Wildsveiling te Groblersdal

GROBLERSDAL – Vleissentraal Bosveld het as afslaers opgetree op 10 April by die wildsveiling wat aangebied is deur KGB/Hanno van Rensburg Wild. Hierdie veiling het plaasgevind by Lindeque Game Ranch te Groblersdal. Die wild wat op die dag verkoop is se pryse was soos volg. Ses en twintig Blesbokke met ‘n gemiddelde prys van R1300 en die hoogste prys van R1450. Negentien Blouwildebeeste met ‘n gemiddelde prys van R2690 en die hoogste prys van R2800. Elf Elande met ‘n gemiddelde prys van R5782 en die hoogste prys van R6100. Nege Gemsbokke met ‘n gemiddelde prys van R5289 en die hoogste prys van R5400. Nege Njalas met ‘n gemiddelde prys van R6689 en die hoogste prys van R7000. Een honderd en sewe Rooibokke met ‘n gemiddelde prys van R925 en die hoogste prys van R1025. Agttien Rooihartebeeste met ‘n gemiddelde prys van R4778 en die hoogste prys van R5000. Sewe Sebras met ‘n gemiddelde prys van R5243 en die hoogste prys van R6700. Tien Waterbokke met ‘n gemiddelde prys van R5960 en die hoogste prys van R6600.

Die pryse vir die manlike diere het bietjie verskil en was soos volg. Een Wildebees teen R3500, een jong Eland teen R8000 en een jong Gemsbok teen R5500. Twee Njalas met ‘n gemiddelde prys van R9000 en die hoogste prys van R10000.

Die totale omset vir die dag het R572 555 beloop en die afslaer vir die dag was Koot van Staden van Vleissentraal Bosveld wat in Potgietersrus geleë is. Wild wat per katalogus verkoop is was vier Kameelperde met ‘n gemiddelde prys van R19500 en die hoogste prys van R20000 en drie Rietbokke teen R5750 elk. Die totale omset vir die katalogus diere het R95 250 beloop.