Ruiters by Derby

Op die foto is Liandi Pienaar met Solar Princess wat derde plek behaal het, Monica Willats met Wes Maki Saki en Gillian Trollope met Corn Time.

THABAZIMBI – Die Thabazimbi ruiters, Monica Willats met haar perd, Wes Maki Saki, Gillian Trollope met Corn Time en Liandi Pienaar met Solar Princess het besluit om die Fourways Riding Centre Derby aan te durf op 10 en 11 April 2010.

’n Derby is ’n skou met verskillende uitdagende, moeilike en interessante hindernisse wat die perd en ruiter se vaardighede tot die uiterste toets. Die ruiter en perd moet water, helder kleure, slote (Devils duke), kruise (St. Andrews Cross) en mure teen ’n skuinste baasraak. Volgens die ruiters pla die hindernisse nie as hulle op die perd is nie, al waaraan hulle kan dink is om die baan so vinnig as moontlik te voltooi. Die ruiters het goed gevaar, Liandi Pienaar het derde plek behaal met Solar Princess en Monica Willats het sesde plek behaal met haar perd Wes Maki Saki.

Liandi Pienaar met Solar Princess en Lindie de Beer met Visa  gaan dan ook deelneem aan die South African Pony rider and Junior Derby in Kyalami vanaf 24 – 27 April. Hulle word sterkte toegewens.