Drie voertuie gesteel oor Paasnaweek

THABAZIMBI – Twee Land Cruisers van Albert Nel van die plaas Diepwater en een Isuzu bakkie van die plaas Apieskraal by Koedoeskop is gesteel gedurende die Paasnaweek.

Twee van die voertuie is teruggevind. Een Land Cruiser is deur polisie by Malelane in Mpumalanga opgespoor en die Isuzu in die Gauteng-omgewing.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.