VLU Strewe wen pryse by Bosveldstreek Konferensie

MAKOPPA – Die dames van die VLU Strewe spog met ‘n paar prestasies na die VLU Bosveldkonferensie wat op 3 Maart plaasgevind het in Swartklip.
Die tak se voorsitter, Ilna Schutte, het ‘n eerste plek behaal in die Middelbaar Afdeling met haar blommerangskikking. Jacolene Beetge het derde plek gekry vir haar blommerangskikkings in die Beginner Afdeling. Nadine Els het tweede plek behaal vir ‘n decopage raam in die Handvlyt Afdeling.
Die VLU Strewe-tak se skakelbeampte, Henriette Botes, is aangestel as die nuwe skakel vir die Bosveldstreek.