Reënvalsyfers in die Thabazimbi omgewing

Die  Dwaalboom omgewing het vanaf 31 Maart tot 6 April 530mm reën gekry. Onderskeidelik het Dwaalbool 95mm, Kajaseput 185mm, Derdepoort 90mm, Oostermoet, links van Dwaalboom 195mm gekry.

Thabazimbi omgewing het tussen 1 Maart en 31 Maart 38mm reën gekry, wat nie eers ’n vyfde was van wat ons onlangs gehad het nie. Van 1 April tot 6 April het Thabazimbi 139mm reën gekry.

Brits het 240mm ontvang in Maart heelwat meer reën as die totaal van 1 April tot 6 April wat 78mm was. Koedoeskop se reënval was in Maart 120mm en in April 88mm. Kromdraai het die meeste reënval gehad in twee dae, van 4 April tot 6 April het hulle tussen 180mm en 210mm reën gekry.

Met al die reën wat oor die langnaweek geval het, is die Vaalkop dam 100% vol en die Roodekoppiesdam is so te sê 100% vol.