Nog duikers kwalifiseer

Scuba-duik het baie gewild onder die bosvelders geword en verskeie lede uit die omgewing het reeds gekwalifiseer.

THABAZIMBI – Nog agt bosvelders van die Thabazimbi- en Swartklip-area het onlangs gekwalifiseer as “Open Water” duikers. Klasse is in Swartklip en Thabazimbi aangebied en swembadsessies is in die swembad van Hoërskool Frikkie Meyer aangebied. Die klub bedank die hoof en personeel vir die gebruik van hulle fantastiese fasiliteit.

Die nuwe duikers wat ‘n fees gehad het gedurende die kursus en ‘n heerlike kamp naweek by Miracle Waters bygewoon het was Sonika Henning, Eddie Gray, Charmaine Gray, Alwayn Scholtz, Victor van der Merwe, Attel van der Merwe, Jeanne Walls en Malcolm Ferreira. Dieselfde naweek het nog ‘n paar Bosvelders ook hulle binnelandse “Advanced” duikkursus voltooi en sal eersdaags die see-gedeelte van die kursus in Mosambiek gaan voltooi. Hulle is Anton van Wyk, Strauss de Villiers en Sabrina Rodgers.

Die Thabazimbi Onderwaterklub se ledetal groei amper daagliks en die klub gaan die naweek van 23 April op ‘n duikuitstappie Ponta Do Ouro in Mosambiek toe.

Vir enige navrae omtrent SCUBA duik kan Morne gekontak word op 082 461 0137.