Mnr en Mej Thabazimbi Expo

Die wenner van 2009 Mej Thabazimbi Expo, Wanetta Harme.

THABAZIMBI – Die groot jaarlikse fees waarvoor die bosveld so bekend is, is om die draai. Vanaf 29 April tot 1 Mei word daar weer groot makietie gehou in Thabazimbi.

Die jaarlikse skoonheidskompetisie waarna menige meisies uitsien word hierdie jaar op Saterdag 1 Mei om 14:00 by Thaba Spar verhoog aangebied. Hierdie jaar het die organiseerders nie ‘n tydgleuf vir ‘n uitdun rondte gemagtig nie, maar slegs vir ‘n finale rondte. Registrasie sal vanaf 13:00 by die Thaba Spar verhoog plaasvind.

Die drag is soos elke jaar formeel, aandrokke, cocktail formele rokkies of enige deftige uitrusting kan aangetrek word. Die ouderdomsgroepe vir die meisies is 5-7, 8-11, 12-14, 15-17 en 18-24 en vir die ouens is dit 13-24. Inskrywingsvorms kan by Thaba Spar verkry word of per epos aangevra word by studio3.peter@gmail.com.

Inskrywingsfooi beloop R250 per deelnemer. Thabazimbi word nogal koelerig in die aand en deelnemers word versoek om iets warms om aan te trek saam et bring. Kom geniet hierdie kompetisie en fees en wen sommer ‘n groot prys op die koop toe.