KunsteGrot op die planke tydens Expo

THABAZIMBI – As deel van die Thabazimbi Wild en Toerisme Expo, gaan die KunsteGrot ook sy deel doen vir die gemeenskap. Twee vertonings met onder andere Babette Viljoen sal aangebied word.

Die eerste vertoning is Donderdag 29 April om 18:30. Die koste beloop R70 per persoon en sluit kaas-en-wyn versnapperings in.

Op Saterdag 1 Mei word slegs ‘n vertoning om 11:30 sonder enige ekstras aangebied. Koste hiervoor beloop R40 per persoon. Meer inligting aangaande die vertonings sal volgende week bekend gemaak word.

Onthou dan ook die KunsteGrot se vierde verjaarsdag op Saterdag 29 Mei saam met die Grafsteensangers in volle sterkte op die verhoog om die gehoor weer te laat skaterlag met hulle nuwe vertoning.  Die KunsteGrot se vierde bestaansjaar sal dan met ‘n heerlike “winter-ete”, ingesluit by die kaartjie wat nog steeds net R120 kos, gevier word. Bespreek vroegtydig hiervoor.

‘n Vriendelike beroep word op almal wat graag wil toneel speel gedoen om die oudisies vir RiVoToneel se nuwe produksie  Woensdagaand 14 April om 18:30 by die KunsteGrot by te woon.

Alle navrae en besprekings by Rita  083 7448559 of rivol@telkomsa.net