Hope pret vir almal by die 27ste Thabazimbi Wildsfees en Toerisme-expo

THABAZIMBI – Sonnige dae te midde van die bosveldskoonheid van die Noordweste kan net een ding beteken: dis weer tyd vir die immergewilde Thabazimbi Wildsfees en Toerisme-expo vanaf 29 April tot 1 Mei. Soos vorige jare beloof dit om ‘n feestelike affêre te wees met hope top kunstenaars en opwindende aktiweite om na uit te sien.

Daar is ‘n goeie mengsel van nuwelinge en ou geliefdes om na uit te sien, soos Theuns Jordaan, Mango Groove en Snotkop. Deur die loop van die naweek is daar ook ‘n groot verskeidenheid plaaslike kunstenaars wat gehore gaan vermaak. Daar is oudergewoonte ‘n verskeidenheid stalletjies om deur te snuffel. Kinders kan hulself verlustig in mallemeuleritte, in waterballe rondspeel, trampolien spring of die Gruwel Grot aandurf. Daar is ook boeresport waaraan die hele gesin kan deelneem en ‘n Drop Tower vir die wat nie afgeskrik word deur hoogtes nie. Daar is ook kameel- en ponieritte en ‘n spesiale Spur-kinderarea vir die kleingoed om by te speel. Daar word ook kooklesse aangebied vir wildsvleis-geesdriftiges.

Tussendeur kan almal hulself vergaap aan roofvoël-, jagluiperd- en reptieldemonstrasies.

Van die uitstallers tydens die naweek sluit in LA Sports, 4×4 Megaworld en Land Rover – wat van die fees ‘n 4×4-geesdriftige se droomuitstappie maak. Daar is ook roetes vir ervare of beginner viertrekbestuurders en kundiges wat kan raad gee en wenke uitdeel. Heelparty spesialiste kom deel hul passies, soos Zambezi en Safari Conqueror produkte, Veldkom, The Supply Company, Universal Blade Sharpeners, Wolverine Boots en Wes Agri.

Hou gerus www.thabaexpo.co.za dop vir meer inligting en volledige programme.

Kaartjie inligiting:

Kaartjies is beskikbaar voor en tydens die skou teen die volgende pryse:

29 April (Donderdag) teen R40 vir volwassenes voor die skou en R50 by die hekke. Kinders onder 13 jaar en pensionarisse is R20. Kinders in skoolklere kan gratis inkom.

30 April (Vrydag)is R50 vir volwassenes voor die skou en R60 by die hekke. Kinders onder 13 en pensionarisse is R30.

1 Mei (Saterdag)is R60 vir volwassenes voor die skou en R70 by die hekke. Kinders onder 13 en pensionarisse is R30.

Daar is ook kaartjies vir die hele naweek beskikbaar teen R120 vir al drie dae. Alle kaartjies is by beskikbaar by Webtickets.

Vir verdere inligting oor die Thabazimbi Wild en Toerisme Expo kontak asseblief vir Ingeborg Keyser by 012 327 6163/6601 of Ingeborg@oppikoppi.co.za. Vir enige media navrae kontak asseblief vir Tess Manders, tessm@oppikoppi.co.za.