Reis gerieflik hierdie vakansie

Dit is nie net ’n oordosis sjokolade wat jou hierdie Paastyd kan laat sleg voel nie. Baie volwassenes en meer as 50% van kinders ondervind karsiekte, met die gevolg dat die reis na jou paasbestemming dikwels iets word wat maar net verduur eerder as geniet word.

Karsiekte word vermoedelik veroorsaak wanneer die brein teenstrydige boodskappe van verskillende dele van die liggaam ontvang. As jy byvoorbeeld stip na die sitplek voor jou kyk, sal jy nie beweging sien nie, maar jou liggaam en jou binne-oor sal die beweging van die voertuig waarneem. Hierdie teenstrydige boodskappe maak jou deurmekaar en veroorsaak naarheid, duiseligheid, uitputting en vomering. Dit kan tydens pad-, see- of lugreise voorkom en enigiemand kan geaffekteer word. Dit is die algemeenste by kinders en swanger vroue en is vermoedelik oorerflik. As jy dus as kind daardie lang motorritte gevrees het, is dit waarskynlik dat minstens een van jou kinders ook sal sukkel.

Karsiekte kan oorkom word deur buite die voertuig na ’n vaste voorwerp (soos ’n boom of gebou) te kyk. Lees verhoog die konflik tussen wat die oë sien en die liggaam voel, dus is dit beter om nie te lees of rekenaarspeletjies op palmrekenaars te speel nie. Hou stil as jy ’n kaart moet raadpleeg. Probeer speletjies speel wat die kinders aanmoedig om buitentoe te kyk soos “Ek sien iets wat begin met ’n …”.

Waar jy sit, kan ook ’n verskil maak. Sit waar jy die minste beweging ervaar – die voorste sitplekke van ’n motor, die middel van ’n boot of langs die vlerk van ’n vliegtuig. Maak seker dat ’n kind se karstoeltjie vorentoe wys en dat hulle kan uitsien, óf deur ’n syvenster óf deur die voorste venster tussen die sitplekke deur.

’n Oop venster en vars bries kan ook ’n verskil maak. Sekere reuke, soos petrol of uitlaatgasse, kan naarheid veroorsaak. Hou in sulke gevalle die vensters toe en spuit die motor voor vertrek met laventelolie.

Gemmer en kruisement het na bewering eienskappe wat naarheid voorkom en spesiaal geformuleerde natuurlike middels is beskikbaar. Trip Ease (www.tripease.org) is ’n natuurlike homeopatiese middel wat help om die simptome van karsiekte te voorkom. Kou eenvoudig ’n tablet voor die reis en dan elke uur daarna. Trip Ease is geskik vir volwassenes en kinders en is beskikbaar by Dis-Chem en ander toonaangewende apteke. Party mense gebruik ook akupunktuur-armbande en koperarmbande om karsiekte te voorkom.

Eet ’n ligte maaltyd voor jy op reis gaan. Vermy vetterige, speseryagtige of swaar kosse en eet ligte versnaperinge, soos droë beskuitjies, tydens die reis. Hou ’n voorraad water en padkos byderhand.

In ernstige gevalle besoek ’n dokter of apteker omdat daar medikasie is wat kan help. Die belangrikste is om voorbereid te wees. Hou ’n voorraad nat lappies en plastieksakke in die motor. ’n Potjie of leë roomyshouer kan ook ’n waardevolle hulpmiddel op die rit wees.

Vir meer wenke of inligting besoek www.tripease.org. Ry veilig en geniet die Paasfees.