Medaljes by dosyne vir Bosveld Akademie

Gerda Goosen ‘n leerling van Bosveld Akademie is met haar deelname aan die Provinsiale Atletiek byeenkoms te Potgietersrus aangewys as die beste Junior Meisies baan-atleet. Sy sal ook aan die SA Kampioenskappe deelneem wat by Bloemfontein gehou sal word later die maand.

THABAZIMBI – Bosveld Akademie het verlede naweek, 6 Maart, aan die CVO skole se Noord-Transvaalse atletiek kampioenskappe te Potgietersrus deelgeneem en met ‘n groot getal medaljes teruggekeer.

Die leerlinge wat goud, silwer en brons ontvang het gaan aan die SA Kampioenskappe vir CVO Skole deelneem wat op 26 en 27 Maart te Bloemfontein plaasvind.