Thabazimbi Skopboks

Skopboksers wat medaljes verower het is agter vlnr Reghardt van den Bergh–brons, Phillip Benade-silwer, Shian Peet van Breda-Afrigter, Jaco Myburgh-silwer en brons, Dawie Grobbelaar-silwer, Jannie Grobbelaar-goud, Melisse de Beer-silwer en brons. Middel vlnr Kyle Dyer-goud en silwer, Conrad du Toit-silwer en brons, Karabo Moa-goud en silwer, Simeon du Toit, Bennie Labuschagne-silwer. Voor vlnr Wian Lynn- brons, Anebel Buys-drie goud, Ruan Erasmus-brons, Jandre Lynn-silwer, Francois Buys-drie goud. Afwesig Werner Rall-goud en silwer, Ian Rall, Dyana Nepgen-silwer.

THABAZIMBI – Gedurende die Great North 1 Toernooi in Centurion het Thabazimbi Skopboks sy wenresep voortgesit deur 34 medaljes te verower. Die toernooi was ‘n kwalifiserende toernooi vir die Suid Afrikaanse kampioenskappe later vanjaar in Johannesburg. Negentien deelnemers het hul staal gewys in punte stelsel,ligte kontak en volkontak gevegte. Uitstaande  presteerders was Anebel Buys en Francois Buys wat in al drie items goud ingepalm het. Bennie Labuschagne het homself ook onderskei in ‘n reeks volkontak gevegte die afgelope jaar as ‘n vegter om mee rekening te hou. Een van die mees opvallende kenmerke tydens die toernooi was die ondersteuning van ouers aan hul kinders en ook die spangees wat geheers het onder die Thabazimbi Skopboks vegters  en ondersteuners. Baie geluk en dankie aan al die studente en ouers. Julle is wenners. Daar word uitgesien na ‘n besondere jaar van kompetisie, onder andere die junior span wat na Rusland gaan vir die wêreld kampioenskappe in September 2010. Dank word uitgespreek aan die gemeenskap van Thabazimbi wat die skopboks ondersteun. Dankie ook aan Willem van der Nest wat vervoer verskaf het, dit word opreg waardeer.