Northam VLU Verken die Natuur!

Nuwe lede: Links-Lily, middel-Amanda (Jongste Lid van Northam VLU) met Rick, regs-Alicea.

KAMEELHOEK –  Op 18 Maart 2010 het die dames van Northam VLU op Kameelhoek byeengekom vir die tak se 201e vergadering. Willem en Linell Marais het die dames op ‘n wildsrit geneem. Verskeie wildspesies is geidentifiseer, plante, bome en wildspore is verken en onder groot gelag en gesels is daar meer geleer met interresante brokkies inligting oor die natuur.

Terug by die kampterrein is kompetisie-artikels bespreek. Die take vir die dag was: ‘n Masjienwerk dames informele rok en ingelegde koejawels. Die dames het ook hul voltooide sterreteken collages en krale armbande gebring vir punte.

Northam VLU se volgende vergadering vind plaas op 15 April 2010, 09:00 aan huis van Annatjie Dreyer te Swartklip. Vir meer inligting aangaande Northam VLU of om die vergaderings by te woon skakel gerus vir Mari Meintjes by 082 086 4915 of 014 786 0304.