TBZ VLU wys hul kreatiewe kant

Pam Botha met haar kreatiewe onderbaadjie het die hoogste punte behaal.

SWARTKLIP – Die VLU Bosveld konferensie op Woensdag 3 Maart is goed bygewoon deur die VLU Thabazimbi taklede.

Van die lede se tweede kompetisie artikels het tweede- en derdeplek pryse behaal. Pam Botha, die tak se voorsitter, se kreatiewe onderbaadjie het weggestap met die hoogste pryse.

Met die maandelikse vergadering op 10 Maart het Veronica Strous van haar pragtige kwiltwerk kom wys. Sy bied kwiltklasse aan en die lede was baie entoesiasties om by haar te gaan leer. Die tak het ook nog twee nuwe lede bygekry, naamlik Mari Scheepers en Daleen Venter.

Die tak se volgende vergadering vind plaas by die AP Kerksaal op 14 April. Belangstellendes kan Liz van Tonder kontak by 084 436 4429.