Pro Bow Boogklub: Juniors, “Cubs” presteer

Die Junior’s en Cubs: voor: Dylan Robinson. Agter vlnr: Tasman-Lee Fourie, Quintin Janse van Vuuren, Pieter Botha en Awie Fourie Jnr. Afwesig: Renaldo Nortjé.

THABAZIMBI – Die tweede South African Bow Hunters Assosiation (SABA) kompetisie vir 2010 is op Saterdag 6 Maart 2010 te Hornsnek, Pretoria aangebied.

Dit was ‘n uitdagende baan wat meer vernuf van die skuts geverg het as die vorige kompetisie. Mnr Harry Marx, voorsitter van SABA het met die aanvang van die kompetisie aangekondig dat die skuts van die teikens kan oorslaan as gevolg van die plasings se moeilikheids-graad. Die 12 skuts van Pro Bow Thabazimbi Boogklub het egter deurgedruk en al die teikens aangedurf. Ondersteuners wat saam gegaan het, het beaam dat dit nie so maklik is, as wat algemeen gedink word nie. Die klub het met sewe pryse vir die dag huiswaarts gekeer, wat weereens die meeste pryse per klub vir die dag was. Al die Juniors en Cubs wat deelgeneem het, het met pryse huiswaarts gekeer. Die uitslae is as volg: Quintin Jansen van Vuuren, eersteplek in die Jnr Male Broadhead afdeling; Renaldo Nortjé, eersteplek in die Jnr Male Fieldpoints afdeling; Dylan Robinson, eersteplek in die Cub Male Broadhead afdeling; Pieter Botha, eersteplek in die Cub Male Fieldpoint afdeling; Awie Fourie Jnr, derdeplek in die Cub Male Fieldpoint afdeling; Tasman-Lee Fourie eersteplek in die Cub Female Fieldpoint afdeling; Antoinette Hermann tweedeplek in die Snr Female Broadhead afdeling; en Henk Engelbrecht het ‘n meriete sertifikaat ontvang vir sy prestasie van 82%.

Die volgende SABA kompetisie vind plaas op 10 April te Sasolburg. Die boogklub lede en vriende kom elke Donderdagaand vanaf 17:00 bymekaar vir skiet oefening en samesyn. Belangstellende persone kan vir Henk Engelbrecht 0837073691, Hein Holtshauzen 0837013039 of Hannetjie Engelbrecht 0736749956 skakel vir meer inligting. Die hele gesin is welkom.