Bakkievrag propvol liefde

RUSTENBURG – Die Steelwings Thabazimbi motorfietsklub in samewerking met Steelwings Rustenburg het op Sondag 14 Maart by Morester Shelter en Het van Verlange Kraal besoek afgelê.

Die doel was om al die skenkings wat hul vir dié behoeftiges ingevorder het aan hulle te gaan oorhandig. By ‘n vorige geleentheid was daar in Die Kwêvoël gevra vir baba benodighede sowel as ander basiese noodsaaklikhede soos klere en voedsel. Die Barongwe Angels onderleiding van Linda Ridgard het die leisels van hierdie projek geneem en is deur Steelwings Harley Davidson, wat grootliks vir liefdadigheid werk, afgevaardig as een van hulle projekte.

Die klub bedank graag almal, veral Dennis, Morne en Monti, vir die wonderlike bydraes wat hulle gelewer het, asook die gemeenskap van Thabazimbi en omgewing wat hul harte oopgemaak het om ‘n bakkievrag klere, doeke en bababenodighede vir hierdie behoeftige mense te skenk.

Indien enigiemand ‘n plaaslike behoefte kan identifiseer, kan die volgende persone gekontak word: Pat Smith 083 675 8282, Marthie Smith 082 782 4694, Anoeshka Bredenkamp 072 788 0582 of Ronel Erasmus 082 878 6228.