Vleissentraal Damara skape veiling

PIETERSBURG – Die Bosveld Damaras veiling van Vleissentraal Bosveld het op Saterdag 6 Maart te Pietersburg Veilingsentrum plaasgevind.

Tien ramme met ‘n gemiddeld van R1545 per ram is verkoop aan DS Swanepoel van Dendron, met die hoogste prys van R2600 wat vir een ram behaal is. Die 37 ooie is teen ‘n gemiddeld van R1238 verkoop aan AJ Botes van Bela-Bela wat tot R2650 vir ‘n ooi betaal het.

Die omset van die veiling het R61 250 beloop.