Lang en kortasems by Marakele Marathon

Die Marakele Nasionale Park personeel het gewys dat hulle ook dapper genoeg is om die 10km aan te durf.

THABAZIMBI – Die Kumba Marakele Marathon en Half-marathon het verlede Saterdag 6 Maart in die opelug van die natuurryke Marakele Nasionale Park plaasgevind.

Daar was drie afdelings waaraan atlete deelgeneem het, naamlik die 10km vir die wat nog leer draf, 21.1 km vir die wat dink hulle kan draf en die 42.2 km vir die wat kàn draf. Die wegspringtyd vir al drie wedlope was net na 06:00 met die asemrowende sonsopkoms as motivering vir hierdie uitdagende wedloop. Die 42.2km marathon het deel uitgemaak as kwalifiserende tyd vir die Comrades Marathon later vanjaar. Die uitslae van die 42.2km Marathon is as volg:

  • Ope Mans: Moses Kgotla (2:49:33), Dawid Gotelebe (2:51:12) en mnr Kgosana (2:57:00).
  • Vroue Ope: Zanie van Rensburg (3:47:12), Karen Coonber (4:03:46) en Linda van Gryp (4:03:46).
  • Veterane Mans: Shaun Smit (3:48:23).
  • Veterane Vroue: Karen Coonber (4:03:46) en Linda van Gryp (4:03:46).
  • Masters Male: Allen Coulter (3:48:23) en Louis Venter (4:23:42).
  • Masters Vroue: Mary Gereneke (4:30:25) en Chrizelda Croukamp (4:44:45).
  • Grand Masters: Jimmy Hordick (4:43:29) en Gerald Croukamp (4:52:00).

Uitslae vir die 21.1km is as volg:

  • Ope Mans: Theuns Koloi (1:14:37), Johannes Manama (1:18:40) en mnr Moremi (1:22:40).
  • Ope Dames: Ina Legewal (1:47:56), Ina Lombaard (1:48:15) en Moksie Pelser (1:20:30).
  • Mans 40-49 jaar: Sere Taurus (1:40:47).
  • Dames 40-49 jaar: Ina Legewal (1:47:56).
  • Mans 50-59 jaar: Martin Gous (1:46:27).
  • Dames 50-59 jaar: Petro de Lange (2:10:56).
  • Junior mans: Frits Swart (1:36:09),
  • Walker Men: Maneul Soutpansberg (2:21:08).
  • Grand Master Walker men: Leon Strydom (2:45:42) en Walker Lady: Sureta Cronje (2:57:06).

Alle opbrengste vir die dag sal vir die bewaringsprojekte van Marakele Nasionale Park aangewend word.