HFM atlete kwalifiseer vir SA’s

Voor vlnr: Ansmarie Potgieter en Benhardt van Rensburg. Middel: Luzaan Combrink, Gerhard Benadé en Lourens Boshoff. Agter: Mev Martie Boshoff.

THABAZIMBI – Tweekamp is ‘n baie gedissiplineerde sportsoort wat bestaan uit swem en hardloop oor kort afstande. Die atlete moet met verskillende byeenkomste, kwalifiserende tye behaal om in aanmerking te kom vir die Provinsiale span. Die volgende leerlinge van Hoërskool Frikkie Meyer het met hierdie uitmuntende prestasie gekwalifiseer om die Limpopo Provinsie tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te gaan verteenwoordig wat op 3 en 4 April te Bloemfontein plaasvind: Benhardt van Rensburg (seuns 0/13), Lourens Boshoff (seuns 0/15) Gerhard Benadé (seuns 0/17) en Ansmarie Potgieter (dogters 0/19).

Luzaan Combrink het egter ook met hierdie kwalifiserende tye die Limpopospan behaal en sy neem deel in die kategorie Junior Veterane. Mev Martie Boshoff is ook aangewys as die Spanbestuurder van die Limpopospan en Ansmarie Potgieter as die Dogters-spankapteine.