Doppers en Filistyne goed ontvang

THABAZIMBI – Eric Nobbs met sy eenmanvertoning: “Doppers & Filistyne” Vrydagaand 5 Maart by die KunsteGrot is baie goed deur die gehoor ontvang.

Dit was weereens ‘n voorreg om so ‘n begaafde akteur te kon ervaar. Volgens Eric was dit vir hom ‘n wonderlike ondervinding om in die KunsteGrot te kon optree. “Die atmosfeer in die teater is besonders.  Dit was ‘n vreeslike lekker gehoor – baie dankie aan almal van julle”.

Eric het ook genoem dat hy net die grootste waardering vir Rita Volschenk het wat met soveel entoesiasme die KunsteGrot bedryf en sê: “Baie dankie vir julle gasvryheid en baie sterkte – mag die kunste in Thabazimbi van krag tot krag gaan.”

‘n Vriendelike uitnodiging word aan die hele gemeenskap gerig om ‘n heerlike aand saam met hulle te geniet wanneer Jak de Priester op 19 Maart by die KunsteGrot kom optree. Na die vertoning gaan almal lekker saamkuier en ietsie eet.

Jak is ‘n baie gewild en u sal beslis vroegtydig moet bespreek. Besprekings kan by Rita gedoen word by 083 744 8559.