Boerbokram behaal R17 000

RUSTENBURG – Die Bosveld Boerbokklub het op 4 Maart hul boerbok veiling te Rustenburg Skougronde aangebied.

Dertig ramme is teen ‘n gemiddeld van R7600 aan AG du Plessis van Lobatse, Botswana verkoop wat tot R17 000 vir ‘n ram opgedok het.

Die ses en vyftig ooie is aan Samenwerk Boerdery van Bendor verkoop teen ‘n gemiddeld van R3712 per ooi, terwyl twee ooie en hul lammers vir R6500 aan JL Harvey van Moedwil verkoop is. Die totale omset vir dié Vleissentraal Bosveld veiling was R448 850.