General

Northam VLU hou konferensie

NORTHAM – Met die Northam VLU tak se vergadering op Maroelasfontein op 18 Februarie, onder leiding van Amanda Meintjies, het die dames meer oor sterrekunde en hul sterreteken geleer. Na afloop van die huishoudelike sake, het elkeen ‘n kollage van sy sterreteken gemaak, asook ‘n krale-armbad van die kleur van sy geboortesteen. Prysuitdeling het plaasgevind, met tannie Hannetjie du Plessis wat weereens die skild verower met beste punte vir 2009.

Daar was ook per toeval die Bosveldkatjiepieringboom op die plaas, wat hul Boom van die jaar is, en kon hul die prentjie mooie takke uitstal.
Die vyftiende Jaarlikse Konferensie van VLU Bosveldstreek is op 3 Maart te Swartklip in die Rec Klub aangebied. Die Tema vir die Jaar is “Vroue wêreldwyd – Die stem van vandag”. Al die takke van Bosveldstreek het bygemekaar, en kompetisie-artikels wat brei, hekel, masjienwerk, handvlyt, blomme en dies meer insluit is beoordeel waarna ‘n prysuitdeling lidmaatskapknopies oorhandiging plaasvind het. Die volgende is ook behandel, en uitstallings van gedoen: Kunstenaar van die jaar: Mathys Roets, Persoonlikheid van die jaar: Ina Wilken, Skrywer van die jaar: Joey Pienaar en Boom van die jaar: Koorsboom, Kaapse Katjiepiering, Bosveldkatjiepiering.

Op die Maandvergadering op 18 Maart te Kameelhoek is die tema “Kreatiwiteit” en Kunste van alle vorme – drama, sang, musiek, beeldende, skilder en skryfkuns asook blommekuns, handvlyt, bak en brou, fotografie, naaldwerk, huis en haard word behandel.

Vir verdere navrae skakel Mari Meintjies by 014 786 0304 of 082 086 4915.