Business

Landelike ontwikkeling en kommersiële boere se belangrike rol

Dit is onbillik om van Suid-Afrikaanse kommersiële boere te verwag om meer werksgeleenthede te skep en so met landelike ontwikkeling te help as hulle geen sekerheid oor hulle toekoms het nie,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye in die Parlementêre debat oor president Zuma se staatsrede gesˆ.

Landelike ontwikkeling is met reg een van die prioriteite van die regering. “In my kontak die afgelope nege maande met landbouers dwarsdeur die land, besef hulle die belangrikheid hiervan en bied hulle hulle hulp aan. Die kommersiële boere vra egter aan my hoe hulle meer werksgeleenthede kan skep en hulle boerdery kan uitbrei as hulle na vyftien jaar steeds nie seker is of hulle hul grond gaan behou nie,” volgens dr. Mulder.

“Daar heers ook groot onsekerheid oor veiligheid op die platteland met die groot aantal plaasmoorde. Waarom kan moorde op plase nie as afsonderlike polisie-statistiek gegee word nie? Die boerderygemeenskap aanvaar die rede is dat plaasmoorde, van wit en swart, nie vir die regering belangrik is nie,” het Mulder gesˆ.

Dr. Mulder het ook na die twintig Afrikastate verwys wat allerlei aanloklike aanbiedinge maak om Suid-Afrikaanse kommersiële boere te kry om by hulle te kom boer. Dit gee ‘n aanduiding van die groot waarde wat in die res van Afrika aan Suid-Afrikaanse kommersiële boere geheg word.