VLU Thabazimbi verwelkom nog 6 lede
THABAZIMBI – Die VLU Thabazimbi tak het gedurende hul vergadering op 10 Februarie by die KunsteGrot nog ses nuwe lede ryker geword.
Marietjie van der Merwe het ook die trofee ontvang vir die meeste punte in 2009 behaal. Sanet Basson van Crafty Kids het van haar kreatiewe idees met die lede gedeel en almal nuwe inspirasie gegee vir vindingryke projekte.
Die volgende vergadering vind op 10 Maart 2010 te AP Kerk Thabazimbi om 09:00 plaas. Belangstellendes kan Liz van Tonder by 084 436 4429 skakel.