Snotkop en Nicholis Louw vanaand

THABAZIMBI – Die voormalige kwaito sanger Lekgoa, nou bekend as Snotkop sowel as hartebreker Nicholis Louw tree vanaand om 17:00 by die Skougronde op.

Laatslapers kan steeds kaartjies teen R70 per persoon by die ingang verkry en kan hul eie stoele en komberse vir hierdie vermaaklikheidsaand bring.

Daar sal ook stalletjies wees wat verversings, koeldrank en speletjies insluit sowel as ‘n biertuin wat die dors vir die groter manne sal les. Vir navrae skakel 073 136 0968.