Kaskardag met ‘n verskil
KOEDOESKOP – Laerskool Koedoeskop se Kaskar Grandprix vind plaas op Vrydag 5 Maart en is ongelooflike pret vir groot en klein. Dinge skop af op die rugbyveld omstreeks 9:30 en daar is stalletjies wat onder andere pannekoek, hotdog, kerrie en rys en jaffels gaan verkoop, speletjies, Mnr en Mej Kaskar, die Kaskarwedren en of dit nie genoeg is nie is daar ook ‘n Potjiekoskompetisie. Groot pryse is op die spel met die bord-kompetisie, al wat ‘n deelnemer hoef te doen is om ‘n bord strategies op die rugbyveld te plaas, wanneer die vliegtuig sy sak meel laat val sal die persoon op wie se bord dit val of naaste daaraan, wegstap met ‘n prys.
Die aand is daar ‘n Mandjiedans waar die skool die musiek, pap, sous en vure verskaf. Daar is 9 potjies in totaal onder andere Biltong-, Skaapskenkel-, Skaap-, Beesstert-, Tong-, Kerriehoender-, Pasta-, Bees- met vetkoek en ‘n Wilde Wildspotjie wat deur bo-baas-kokke gemaak word. Daar is 30 ete kaartjies per pot, en dit verkoop baie vinnig uit. Kaartjies is beskikbaar by die skool, betaling met bespreking, geen uitsonderings. Skakel Laerskool Koedoeskop by 0147850607.