Sanlam Takalani Sesame Inkleurkompetisie wenners
THABAZIMBI – Sanlam het verlede week ‘n inkleurkompetisie by Bosveld Akademie Privaatskool gehou waartydens die kleinspan vanaf Graad 00 tot Graad 3 hul kunsvernuf kon inspan vir hope pryse.
Die Takalani Sesame inkleurkompetisie het teen Vrydag 12 Februarie ten einde geloop waarna die wenners oor die naweek gekies is en op Maandag 15 Februarie aangekondig is. Die Top 3 van elke graad het weggestap met Sanlam Takalani Sesame geskenkies. Lean Schutte (Graad 0) was as algehele wenner aangekondig en het ‘n Sanlam Liquid Debiet Kaart Rekening met ‘n opening saldo van R200 gewen. Die Sanlam Liquid Debietkaart rekening kan deur Lean gebruik word om mee te spaar. Sy kan die geld laat groei met daaglikse rente op die geldmarkkoers.
Die kompetisie is geborg deur Deon Hartman van Sanlam. Vir enige navrae skakel gerus vir Deon Hartman by 083 723 7121.