Mawala vir daai lekker kuier

NORTHAM – Mawala Lodge net buite Northam het verlede Vrydagaand met hul effens vervroegde Valentynsdans weereens bewys hoekom dit een van die gewildste kuierplekke in die omgewing is.

Die gaskunstenaar, Armand Hoffmeyr, seun van die Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, Steve Hoffmeyr, was baie gewild by die gaste en het hy ook bewys dat hy in eie reg ‘n sanger en liedjieskrywer van formaat is. So saam met die rose uitdeel by die tafels het hy die gehoor deeglik betrek en laat ontdooi om die aand verder te geniet.

Heerlike versnapperings wat by die lodge voorberei is het gesorg dat niemand honger hoef huis toe gegaan het nie.

Vir diegene wat oornagverblyf soek, is Mawala Lodge net die plek met sy talle netjiese kamers asook die uitstekende kroeg- en restaurantfasiliteite. ‘n Landingstrook maak dit ook ‘n baie gewilde uitvlieg bestemming vir die vliegklubs wat gewoonlik daar ‘n draai kom maak en sommer ‘n heerlike ontbyt of middagete kom geniet. Sondae is daar nou ook buffet-etes beskikbaar. Bederf gerus vir Mammie en spaar haar al die gesweet om die Sondagmiddag-ete op die tafel te kry.

Met Eskom in so ‘n chaos en beloftes oor voldoende elektrisiteit vir die toekoms waarop niemand kan staatmaak nie, het Pieter en Ewerd van Mawala Lodge besluit om ‘n groot kragopwekker aan te skaf . Ewerd sê dat hulle sal reg wees sodra Eskom met sy “streke” begin om te verseker dat daar in al die behoeftes van hul gaste voorsien kan word.

Vir meer besonderhede en besprekings skakel hulle gerus by 014 784 4222 of 014 784 4464.