Laerskool Van Wykskraal

MAKOPPA – 2010 het sommer op ‘n hoë noot afgeskop wat die sportiewe sy van die skool betref.

Gedurende die jaarlikse Huissport wat Van Wykskraal tesame met Laerskool Dwaalboom hou, het die kranige atlete goed presteer. Drie van Van Wykskraal se dogters, naamlik Christelle Brink, Anmarie Schutte en Nelanie de Villiers het onderskeidelik die rekords vir die O/10, O/11 en O/12 gewigstoot op die byeenkoms verbeter. Die skool bedank graag hul borge wat die dag moontlik gemaak het.