Bosveld-Oord vier Valentynsdag

THABAZIMBI – Die VLU Thabazimbi-tak het verlede Vrydag, 12 Februarie, die Bosveld-oord se bejaardes verras met ‘n Valentynstee.

Die dames van die VLU het gesorg vir lekker eetgoedjies sowel as ‘n praatjie wat gelewer is deur Rita du Plessis wat gehandel het oor die doel van ons lewe saam met Jesus. Die bejaardes het ook aan ‘n “stemming” deelgeneem om ‘n nuwe naam vir die geselsprogram te kies wat op Thaba Stereo deur Jesse Lang aangebied sal word en het op “Van toeka tot nou” besluit. Daarna is heerlik saam gekuier, geëet en gesels oor wat Valentynsdag inhou. Pam Botha, die voorsitster van die VLU Thabazimbi, het die bejaardes verseker dat  hulle nie vergete is nie en dat hulle altyd spesiaal sal bly.