“Terug Skool Toe” met Shoprite se prysgeld

THABAZIMBI – Die supermarkgroep, Shoprite, het weereens hulle jaarlikse kompetisie naamlik “Klas van 2010” gedurende die “Terug Skool Toe” veldtog aangebied.

Dié nasionale kompetisie vereis dat leerders ‘n opstel by hul plaaslike Shoprite winkel inhandig met ‘n beskrywing oor wat hul eendag na skool wil word. Elke Shoprite winkelbestuurder lees die opstelle en besluit dan watter een die beste is. Die wenprys van R5000 gaan ter aanwending van die leerder se skoolfonds fooi vir 2010.

Hierdie jaar se plaaslike wenner is ‘n Gr 10 leerling van HFM, Corneli Oberholzer. Haar opstel oor haar toekomsdroom as advokaat is vanuit ±40 inskrywings as die beste bestempel.