General

Waterkrisisbeheer-aksie volg na radio-onderhoud

THABAZIMBI – Na ‘n radio-onderhoud op Saterdag 6 Februarie deur André de Beer, omroeper op Thaba Stereo, met Thabazimbi Munisipaliteit raadslid Paul Scruton, het dit weereens aan die lig gekom dat ‘n daadwerklike optrede met betrekking tot die plaaslike waterprobleem dringend moet geskied.

Dit is na hierdie gesprek wat André besluit het om ‘n “Waterkrisisbeheer-aksie” tot stand te bring wat sal dien as middelman tussen die stadsraad en parlementêre woordvoerders. Hierdie aksie sal dus terugvoering vanaf Parlementêre en Munisipale-vlakke op ‘n gereelde basis deurvoer na die publiek met behulp van André de Beer se program op Thaba Stereo op Saterdae om 12:00. Volgens André het die gemeenskap van Thabazimbi ‘n behoefte aan kommunikasie vanaf die stadsraad rakende die huidige waterprobleem en het die Waterkrisisbeheer-aksie ten doel om hierdie leemte te vul.

Die WKB-aksie sal binne die volgende week ‘n komitee op die been bring wat sal funksioneer om die gemeenskap van Thabazimbi op hoogte te hou van Munisipale dienslewering ten opsigte van watervoorsiening. Kontak André vir verdere navrae by 072 1991 738.