Thabazimbi Motors vereer in platteland-afdeling

THABAZIMBI – Die jaarlikse General Motors Suid-Afrika se dinee het die afgelope naweek 5-7 Februarie te Sun City plaasgevind.

Thabazimbi Motors is tydens hierdie besonderse funksie met ‘n toekenning as “Beste presteerder in kliëntediens- voertuig verkope” in die Platteland-afdeling vereer. Met 45 handelaars wat in dieselfde kategorie meegeding het, is dit voorwaar ‘n toekenning om op trots te wees.

Die Handelaarshoof, Gert Snyman bedank al die kliënte wat die afgelope jaar nuwe voertuie gekoop het en deelgeneem het aan die Synovate beoordeling. Hul ondersteuning en terugvoering is wat hierdie toekenning moontlik gemaak het.