Ons lesers skryf – Roekelose knopkoppe

Ons skool se ‘Groentjie’ konsert was puik gereël, ingeoefen en uitgevoer, baie geluk! Dit was ook ‘n perfekte tyd vir ons jong mense en hul families om bietjie op te dress en ‘n gesonde aand met die skool deur te bring.

Nou wil ek ‘n ernstige waarskuwing aan die knopkoppe rig, wat soos idiote uit die skoolterein uitgejaag gekom het. Die Here sal jou moet bewaar as jy my kind seer maak want Geen mens op aarde gaan jou kan beskerm nie.

Ek doen ook ‘n beroep aan ons Verkeers Departement. Raak taai!  Stop hierdie roekelose idiote voordat hulle ons onskuldige kinders verongeluk. ‘n Bestuurderslisensie gaan gepaard met verantwoordelikheid. Die inwoners van ons dorp moet saamwerk. Skryf die voertuie se registrasie nommers neer en publiseer dit! Kom ons trek hierdie onkruid uit voor dit te laat is!

Bedonnerde Pa