Rhino Stoei Klub nou in Thaba
THABAZIMBI – Stoei is uiteindelik terug in Thaba.
Die Rhino stoeiklub van Northam Platinum Myn het met hulle satellietklub by Bonanza begin. Die klub oefen Maandae en Woensdae 17:30- 19:30 en almal, vanaf 5 jarige ouderdom, selfs meisies, is hartlik welkom. Die klub bedank graag die Barkenhuizen broers wat die droom ‘n werklikheid gemaak het.
Vir enige navrae kontak Lisa by 082 729 8951.